Olimpiese Somerspele 2000

Spele van die XXVIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2000

Gehou in Sydney, Australië
Deelnemende lande 199 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 10 651 (6 582 mans, 4 069 vroue)[1]
Items 300 in 28 sporte[2]
Openingseremonie 15 September 2000
Sluitingseremonie 1 Oktober 2000
Amptelik geopen deur Goewerneur-generaal William Deane[3]
Atlete-eed Rechelle Hawkes (veldhokkie)
Beampte-eed Peter Kerr (waterpolo)
Olimpiese vlam Cathy Freeman (atletiek)
Vorige Spele 1996: Atlanta (VSA)
Volgende Spele 2004: Athene (Griekeland)

Die Olimpiese Somerspele 2000 (Engels: 2000 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXVIIste Olimpiade, is tussen 15 September en 1 Oktober 2000 in Sydney, Australië, aangebied. Sydney is in 1993 verkies bo Beijing, Berlyn, Istanboel en Manchester.

Die Olimpiese Stadion in Sydney

Dit was naas die Olimpiese Somerspele van 1956 in Melbourne die tweede wat in Australië asook in die Suidelike Halfrond gehou is. Tydens die Spele maak die Australiese sangeres Nikki Webster haar deurbraak deur by die openingseremonie te sing. Die geleentheid word afgesluit met 'n optrede van Savage Garden. Hierdie Olimpiese Somerspele word algemeen as 'n groot sukses beskou.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Sydney plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Hezekiél Sepeng, hardloper en silwermedaljewenner tydens die Olimpiese Somerspele 1996, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.

Die Paralimpiese Somerspele 2000 is tussen 18 en 29 Oktober in Sydney gehou.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search